SFM is altyd op soek na vars gemeenskapsnuus. Alle kerke, skole, sport en welsyns / diens organisasies is meer as welkom om jou gemeenskapsnuus wat gaan plaasvind by jou organisasie te stuur.

Ons sal jou organisasie se gemeenskapsnuus op ons webwerf se kalender plaas, plus ons sal jou gemeenskapsnuus op die lug noem op ons weeklikse Ontbyt en Middag programme 'n week voor die gebeurtenis gaan plaasvind.

Vul asseblief die gemeenskapsnuus vorm in (Kliek hier), of jy kan die vorm (aflaai) en terug stuur na SFM per e-pos. (E-pos stuur)

Termes en Voorwardes

SFM het die reg om te besluit of hierdie gebeurtenis uitgesaai moet word of op die webwerf geplaas moet word.

Hierdie diens is slegs vir nie winsgewende organisasie, Skole, Kerke, Welsyn, Sport en Diens Organisasies.
       
Alle gemeenskapsnuus moet ten minste 2 weke voor die gebeurtenis in gedien word by SFM.

Dit is die verantwoordelikheid van die organisasie om SFM in kennis te stel as die gebeurtenis gekanselleer is.